Orban groet die eerste termynSkool wat volhard My Zone het onlangs Orban-laerskool besoek om te hoor hoe die jaar hulle tot dusver behandel het. Evany van Wyk
Orban-laerskool in Windhoek is in 1975 gestig en meneer Jan Cloete is die afgelope 15 jaar die skoolhoof daar.
“Ons hier by Orban sien onsself as ons grootste mededingers en probeer deurentyd om onsself te verbeter,”sê Cloete.
Die skool motiveer leerlinge om verantwoordelike Namibiese burgers te word sodat hulle die wye wêreld kan aandurf en hul drome uitleef.
Cloete sê sy doel die afgelope 15 jaar was om te verseker ouers staan hul plek vol in hul kinders se lewe en bied die nodige ondersteuning.
“Die ouers het gesorg dat hul kinders die nodige skryfware het om die jaar mee af te skop, en ons kon sommer al die eerste dag begin lesse aan bied.”
Volgens hom is dit wat Orban uniek maak, en verdien ouers definitief applous daarvoor. Orban se kalender is propvol die jaar. Die sportseisoen skop volgende termyn af en die spelkompetisie word ook dan aangebied. Geldsinsamelings word gereeld gehou om die skool se infrustraktuur in stand te hou.
Afgesien van die skool se suksesvolle eerste termyn, erken die skool dat hulle nie perfek is nie – daar is wel ‘n paar dissiplinêre probleme. “Die persentasie van sulke tipe probleme is minder as 1% en sodra ons iets oplet, probeer ons dit dadelik aanspreek en die ouers betrek,” sê me. Theresa Damases, die departementshoof vir tale en sosiale studies.
“Onse skool het ‘n goeie stelsel in plek waar ons vir die onderwysers sowel as die leerlinge, teikens stel. Aan die einde van die termyn besin ons daaroor en kyk wat ons bereik het.”
The Zone het ook gesels met Kirsten Rittman, die hoofmeisie vir 2019. Sy sou aanvanklik na ? ander skool, maar is afgekeur.
“Ek is baie bly dat ek na hierdie skool toe gekom het, want dit het vir my baie geleenthede gebied, soos om hoofmeisie te word,” sê sy.
Kieran Lewies, die hoofseun, sê hy is baie opgewonde oor die vakansie, want hy gaan eers Swakopmund en daarna saam met die skool Suid-Afrika toe.
“Volgende termyn wil ek baie dinge aan myself verander. Ek wil harder werk, want ek weet ek kan beter doen in alles,” sê Kieran. Die twee leiers maak ‘n gedugte span. Hul stem saam dat Orban nie baie probleme het nie en die dissiplinêre probleme baie goed hanteer word.
Me. Shirley Karuhumba, die Lewensvaardighede-onderwyseres, sê die grootste probleem is die kinders wat sukkel om te sê wat hulle pla, asook minderbevoorregte kinders. “Ons sal wil die kinders motiveer om oor hul gevoelens te praat. Ons wil ook borge kry sodat al die kinders gedurende pouses kan iets eet,” sê Karuhumba.