Sê jou sê met debatCalitz topspreker in Khomas Concordia College het tydens ‘n onlangse toernooi vir hoërskole meer as 45 debatspanne uitgestof. Pull quote: “’n Tekort aan geld maak dit moeilik vir Namibiese leerlinge om op internasionale vlak met ander lande mee te ding.” – Edward Shati, sekretaris-generaal: Namibiese Debatvereniging
Michelline Nawatises
Die grootste debatkampioenskappe vir hoërskole in die Khomasstreek het onlangs in Windhoek plaasgevind.
Concordia College het meer as 45 debatspanne uitgestof en is as algehele wenners aangewys.
Die byeenkoms is vanaf 24 tot 25 Mei by Windhoek Hoërskool gehou.
Concordia het die Senior Sekondêre Skool Delta in die eindronde gewen. Windhoek Gimnasium was in die derde plek.
Ernst Calitz, ? graad 12-leerling van Windhoek Gimnasium, is as die beste spreker van die toernooi aangewys.
Twapewa-Ashihe Mungoba van Delta en Christiaan Prinsloo van Windhoek Hoërskool het die tweede plek gedeel.
Die byeenkoms is deur die Namibiese Debatvereniging aangebied. By die toernooi is 18 leerlinge gekies om eersdaags aan proewe deel te neem. Daarna sal die topnege gekies word om verdere opleiding te ontvang ter voorbereiding van die nasionale debatkampioenskappe later vanjaar in Suid-Afrika waar hulle Namibië sal verteenwoordig.
Die Namibiese Debatvereniging poog om leerlinge aan meer internasionale toernooie bloot te stel sodat hulle hul intellektuele talente ten toon kan stel.
Mnr. Edward Shati, sekretaris-generaal van die Namibiese Debatvereniging, het gesê daar is uitdagings wat dit vir Namibiërs moeilik maak om internasionaal mee te ding.
"Ons probeer hard om die uitdagings te oorkom. Dit was nog nooit vir Namibië moontlik om op hierdie standaard mee te ding nie, maar ons het die plaaslike debatkringe hervorm en ons sal voortgaan om die land internasionaal mededingend te maak," het Shati gesê.
Die vereniging doen 'n beroep op die sakegemeenskap in Namibië om debat-inisiatiewe te prioritiseer en te help met finansiering in die nakoming van hul korporatiewe sosiale verantwoordelikhede.
Finansiering vir die nasionale debatspan van Namibië om internasionale debatgeleenthede by te woon sal 'n beduidende verskil maak en hulle in staat stel om op internasionale vlak mededingend te wees, sê die vereniging.
Namibië het verlede jaar die Afrika-debatkampioenskappe (ADC) gewen. Die span sal vanaf 28 Junie tot 4 Julie hul titel in Johannesburg in Suid-Afrika verdedig. Voorbereiding vir die toernooi sal intensiewe opleiding oor die naweke insluit.
Die Namibiese Debatvereniging het sy dankbaarheid teenoor die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in die Khomasstreek uitgespreek, asook die ouers wat ? belangrike rol speel met borgskappe vir verskeie debat-aktiwiteite en uitstappies.