Quantcast
Channel: Namibian Sun
Viewing all articles
Browse latest Browse all 36395

Opstelkompetisie bly langer oop

$
0
0
Opstelkompetisie bly langer oopOpstelkompetisie bly langer oop BW Kudu, die maatskappy wat die Kudugasveld ontwikkel, het bekendgemaak dat graad 9- to 12-leerders nog tot 15 Junie vir die BW-opstelkompetisie mag inskryf.

Die kompetisie in samewerking met die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) en die ministerie van energie is op 1 Maart van stapel gestuur met die tema “Hoe ontwikkel ons ons aardgasbronne die beste vir die toekoms van Namibië?”

Die uitstel van die sperdatum kom vanweë ’n lae aantal inskrywings en skole wat tot dusver deelneem. Die lae getalle word aan die impak van die Covid-19-pandemie op leerders toegeskryf.

Die kompetisie word gedryf deur ’n begeerte om belangstelling in energieverwante kwessies en wetenskaplike vakke onder Namibiese leerders te kweek.

Die doel is om leerders die geleentheid te bied om hul bewustheid van die olie- en gassektor in die nasionale ekonomie te verhoog, en die potensiële voordele van koolwaterstof (natuurlike gas) te ondersoek en ontwikkel.

Leerlinge word aangemoedig om hul inskrywings in te stuur aan entry@kuduessay.com in die vorm van ’n opstel van 1 000 woorde of ’n kort twee minute video, podsending (podcast), plakkaat of animasie en sodoende die die kans te staan om wonderlike pryse te wen.

Altesaam 14 wenners word gekies (een wenner uit elke streek) wat elkeen ’n bedrag van N$3 000 ontvang – plus ’n bykomende N$4 000 vir hul skool.

Die topdrie wenners ontvang boonop elk ’n splinternuwe skootrekenaar. Die prysuitdeling sal na verwagting middel Julie plaasvind.

"Ons voel dit is belangrik om hierdie veldtog langer te laat loop om aan diegene wat belangstellende om deel te neem ’n regverdige kans te gee om in te skryf,” sê die hoofbestuurder van BW Kudu, mnr. Klaus Endresen.

Namcor se uitvoerende beampte vir stroomop-ontwikkeling (executive upstream development), mnr. Manfriedt Muundjua, voel sterk die kompetisie sal leerlinge baie bevoordeel.

“Deur hul navorsing oor die onderwerp sal leerders meer insig oor die aardgashulpbronne in Namibië kry.

“Ons versoek alle onderwysers om hul leerders aan te moedig om aan die kompetisie deel te neem. Die toekoms van die energiebedryf lê in ons jongmense, so kom ons ondersteun en lei hulle terwyl hulle nog jonk is,” beklemtoon die petroleumkommissaris in die ministerie van myne en energie, me. Maggy Shino.

Verdere inligting oor die kompetisie is beskikbaar by: www.kuduessay.com of Dananai kan by 061 401 877 of e-pos dananai@emergo.com.na bereik word.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 36395

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>