Auas Motors belê in onderwys Auas Motors het N$170 000 geborg vir die aanbou van klaskamers by die Laerskool Bet-El in Windhoek. Atenu Developments sal die klaskamers oprig en Round Table Windhoek tree op as die fasiliteerder tussen die borg en die skool om die logistieke reëlings te behartig. In die foto is mnre. Werner Wormsbaecher, voorsitter van die Round Table Windhoek, Gerhard Vermeulen, die uitvoerende hoof van Auas Motors en Paulus Lewin, die waarnemende direkteur vir onderwys in die Khomasstreek. Foto MARISELLE STOFBERG
↧