Quantcast
Channel: Namibian Sun
Viewing all articles
Browse latest Browse all 36395

Inspireer om 'n visie te volg

$
0
0
Inspireer om 'n visie te volgInspireer om 'n visie te volg Octavia Tsibes

Old Mutual het op 15 Oktober sy jaarlikse Principals Academy-gradeplegtigheid by Rock Lodge, Okahandja, aangebied.

Die geleentheid is 'n inisiatief van die Afrika Leierskapinstituut. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie wat sedert sy ontstaan in 2005 verskeie akademiese en nie-akademiese opleidingsprogramme aanbied met die ondersteuning van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.

Old Mutual se betrokkenheid dateer van 2007, toe die Principals Academy ingestel is met die doel om regeringskoolhoofde van bestuur- en leierskapvaardighede te voorsien ten einde doeltreffend te wees in die bedryf van hul skole. Oor die afgelope 10 jaar het die Old Mutual-stigting ongeveer N$3 miljoen belê in dié program waaruit meer as 200 skoolhoofde sedertdien voordeel getrek het.

Deur middel van ander soortgelyke inisiatiewe wat fokus op onderwys - soos die jaarlikse toekennings vir uitnemende onderwys op skoolvlak - het Old Mutual in samewerking met die stigting ook die afgelope vyf jaar N$1,8 miljoen belê.

Tydens die gradeplegtigheid het mnr. Ndangi Katoma, Old Mutual se bestuurder van bemarking, transformasie en kliëntestrategie, die leiers aangemoedig om ander te inspireer om 'n visie te volg.

"As opvoeders en leiers in die onderwys het jul rol ontwikkel en dalk nou meer as ooit tevore. Daarom bedank ek die Afrika Leierskapinstituut vir sy deelname om hierdie transformasie-leierskapopleiding tot stand te bring en die nodige gereedskap vir leiers te bied wat nie net ons onderwysers, studente en skole wil transformeer nie, maar ook die Namibiese volk as geheel," het hy gesê.

Old Mutual sal voortgaan om die program in die 2018-’19-boekjaar te ondersteun en het 'n bedrag van N$300 000 vir die Principals Academy bewillig.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 36395

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>